RAPPORT SING JOU TAAL - BLOEMFONTEIN23 Mei/May 2008Vrydagaand/Friday Evening19:30SAND DU PLESSIS TEATER/THEATREKaartjies/Tickets: R150Pacofs 051 447-7772, Izami Bloemiste, Mimosa MallRapport Sing Jou Taal – Bloemfontein 2008 is hierdie jaar vir die derde keer op die planke van die Rosestad se Sand du Plessis Teater. Met ‘n rits kunstenaars soos Mathys Roets, Jannie Moolman, Annake de Villiers, Dewald Louw, Lienka, Brandon October, Liesl Marx, Nedine Blom, Natasha Joubert en ‘n aanbieder soos Brumilda van Rensburg is die sukses bespreek! ‘n Nuweling op die verhoog is Caroline Haasbroek, ‘n opkomende sanger en danser. Met ‘n 21 stuk orkes onder leiding van Arco Musica beloof dit ‘n luisterryke aand in die Sand te wees. ‘n Indrukwekkende verhoogstel, geborg deur Wiehahan Formwork (Pty) Ltd met asemrowende beligting, sang en dans, gaan tot die skouspel bydra. Die suksesvolle aanbiedings van 2006 en 2007 het dit moontlik gemaak om meer as R40 000 aan gemeenskapsprojekte te skenk. Die droom is om hierdie jaar nog meer te kan gee.Moenie hierdie jaar se Rapport Sing Jou Taal – Bloemfontein misloop nie!!60% van die musiek is in Afrikaans & 40% of the music in English.Navrae / Enquiries: Elbie Louw Tel 082 331 3391/ www.spoudazo.co.za